Hier is ook baie wild….kom kyk! Eksderde hou elke maand `n gratis Mannekamp en `n gratis Vrouekamp, asook die eerste week van elke skoolvakansie ‘n gratis Kinderkamp 8-13 jaar oud en ‘n gratis Jeugkamp 14-19 jaar oud in die Bosveld. In Mosselbaai bied ons elke maand `n kamp aan, een maand n Mannekamp en die volgende maand n Vrouekamp . Ons doel om mense te evangeliseer met die Goeie Boodskap van verlossing, geregtigheid en ‘n hoopvolle toekoms wat in Christus Jesus gevind word. Ons visie is om mense uit hulle omgewing weg te vat, hulle by die Here uit te kry, toe te rus, te motiveer en hulle dan terug te stuur na hulle eie mense, hulle eie dorpe, hulle eie Kerke en hulle eie werke om daar ‘n verskil vir Jesus te gaan maak. Ons hart is om mense vir Jesus te wen en verhoudings te herstel.
Ons Missie
Eksderde se hoofdoel soos beskryf deur die konstitusie is:
“… die bediening van die Liggaam van die Here Jesus Christus, en word uitsluitlik bedryf en georganiseer om CHRISTELIKE EVANGELISASIE te bevorder …”
Ons Visie
Die fokus is die uitbreiding van die evangelisasiedoelwit. Bemarking van die kamp se aktiwiteite. Die uitstuur van briewe, e-pos of sms aan kampgangers na afloop van elke kamp om sekere beginsels te bevestig en betrokkenheid aan te moedig. Die ondersteuning en vestiging van soortgelyke kampe elders binne en buite Suid Afrika.
There are no similar listings
All Rights Reserved of this website. All trademarks, logos, images, and content remain the property of their respective owners. Unauthorized use, reproduction, or distribution of any material from this website is prohibited without prior written consent.